Monday, 17 September 2012

Tuisonderrig teenoor Skoolonderrig


Tuisonderrig of tradisionele skoolonderrig in Suid Afrika?




Tuisonderrig - Dissipline, roetine en ‘n sterk sin vir verantwoordelikheid is nodig.
Ekstra klasse in wiskunde, wetenskap, ens.
‘n Goeie uitgebreide moderne bron van inligting moet tot die leerling se beskikking wees.
Die ouers moet deeglik daartoe in staat wees om die leerling se werk na te gaan en te verseker dat die werk feitlik korrek is.  Die ouer moet seker wees dat die leerling die werk verstaan en ook kan toepas.  Maak gebruik van gereelde toetse en vraestelle.
Die leerling moet nog groepkontak hê om sy sosiale lewe te orden. 
Die leerling moet ook aan sport en ander buitemuurse aktiwiteite deelneem.

Die verantwoordelikheid van die ouer is egter groot en omvattend.

Sal ek persoonlik tuisonderrig doen?   Nie alvorens ek geen ander uitweg het nie.

‘n Opname wat by Hoërskole gedoen is, het bevestig dat 80% van tuisskoolleerlinge nie aan die hoërskoolstandaard voldoen het nie.

Ek sal graag julle menings wil hoor rondom hierdie vraag. Soos ek gesê het indien ek eendag egter geen uitweg het nie sal ek dit oorweeg, bygesê ek sal opgelei wees daarvoor, maar ek glo steeds vas in tradisionele skoolonderrig. Wat is jou keuse en wat is vir jou die voor en nadele van so 'n keuse?

5 comments:

  1. Ek dink menslike interaksie is baie belangrik. Veral om eendag in die werksplek te kan funksioneer. Op skool, en met sosiale interaksie tussen groep en onderwysers, leer mens presies hoe om eksterne dinge soos kritiek, sosiale druk, en sosiale hirargie te verstaan. Al hierdie dinge is uiters belangrik waneer 'n kind eendag die tersiere onderrig of die werksplek betree.

    Opvoeding is baie belangrik, maar daar is sekere dinge wat ouers nie self vir hul kinders kan leer nie.

    ReplyDelete
  2. Skool onderrig is die kern vir sosiale, geestelike en emosionele interaksie tussen kinders, sowel as onderwysers..
    Kinders by die skool ondervind hulself ook in 'n volwasse omgewing, en leer hoe om op te tree in sekere situasies..
    In skool verband leer kinders om te redeneer, argumenteer en ook om ander se opinies in ag te neem, sowel as te respekteer.

    Kinders leer 'n groot maat van selfdissipline aan, om seker te maak hul boeke is in gepak, hulle staan betyd op vir skool, huiswerl moet gedoen wees, wat weer hand aan hand gaan met roetine. Roetine moet op vroeë ouderdom by kinders gevestig word, wat hulle verder deur die hoërskool en dan Universiteit sal dra..

    Ouers en Onderwysers se opinies verskil soos dag en nag, ouers toon simpatie in sekere situasies, waar die skool streng daarteen sal optree. Kinders moet ook blootgestel word om hulself te ontdek, om akedemies of op sport gebied te presteer. Kinders sonder blootstelling, is kinders sonder 'n droom...

    Skool onderrig is uiters van kardinale belang..

    ReplyDelete
  3. Vanessa ek stem heeltemal saam jou, sosiale interaksie is baie belangrik en alhoewel kinders wat tuisonderrig ontvang, saam met hul ouers by ondersteuningsgroepe kan aansluit, is dit eenvoudig net nie genoeg nie.

    ReplyDelete
  4. Chris dit is 'n baie goeie punt wat jy maak, kinders leer defnitief 'n roetine aan tydens skool wat hul later in hul lewe ook sal help. alhoewel ouers ook die beste vir hulle kinders wil hê kan, is daar sekere goed wat 'n ouer nie vir sy kind kan leer nie.

    Volgens Linda Kotze van die Vaaldriehoek hoef 'n tuisonderrig-ma nie al die kennis te hê nie. As 'n Ma nie al die kennis het om haar kind te tuisonderrig nie, in watter opsig wil sy dan die beste vir haar kind hê. Alhoewel tuisonderrig hier is om te bly, en daar ma's daar buite is wat dit verkies, bly ek steeds by my standpunt dat kinders tradisionele skoolonderrig moet ontvang.

    ReplyDelete
  5. Goeie Middag

    My vrou Elise tuisonderrig ons seun, Ruben (10, gr. 5) sedert verlede jaar by die huis. Ek is ’n ortodontis met praktyke in Johannesburg en op Stellenbosch. Elke maand bring ons ’n week deur op Stellenbosch. “Ruben was nog altyd ’n alleenkind en ‘anders’ as ander skoolkinders. Hy is volwasse vir sy ouderdom en het nie altyd ingepas nie. Hy is nou nie meer onder druk om dit te doen nie. Hy stel nie sy geluk en vermaak gelyk aan sy eksterne omgewing nie, dit kom van binne af. Omdat hy gewoond is om alleen te wees vermaak hy homself. En sy kreatiwiteit het begin vloei: Hy bou die mooiste motors en hyskrane met Lego-blokke. Ek glo dis omdat sy omgewing rustiger is. Tuisonderrig het ook sy identiteit en selfvertroue ’n hupstoot gegee.”

    Hierdie is maar net 'n bewys dat tuisonderrig vir ons gewerk het, ek sê nie dit kan vir almal werk nie, maar vir Ruben het dit beslis baie goed gewerk.

    ReplyDelete